Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor

Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...

As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.


2018

 2019 

Maart: SA Vryskutskrywer snoer kragte saam met SA Skrywers en SA Kinderboekskrywers om bekostigbare aanlyn slypskole in verskillende genres vir Facebook-lede aan te bied.

Maart : Ons verwelkom SA Skrywers se stigter en eienaar, Elsabe de Beer , by ons om te help om ons aanlyn slypskole aan te bied.

Maart : Oud-student, Hendie Grobbelaar, ( ABC van Kortverhale ) se kortverhaal, Die Ruimteskip , is die wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige R30,000 in die sak.

Januarie - Oktober: Ons vier vanjaar ons tiende bestaansjaar en om dit saam met almal te herdenk, word daar tot einde Oktober 2019 (ons amptelike verjaarsdagmaand) 10%-afslag op AL ons skryfkursusse toegestaan. Kies sommer dadelik jou goedkoper kursus hier...


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: