Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor

Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...

As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.


2009

 2010 

Desember: Annelie Botes raak 'n onbesonne opmerking kwyt en haar SALA-prys, wat sy pas gewen het, word van haar weggeneem. SA Vryskutskrywer rol moue op om geld in te samel vir die skrywer wat só baie leesvreugde vir ons gebring het. LitNet se Annelie-Botes-biografie : "Die organisasie SA Vryskutskrywer het ’n veldtog begin om geld in te samel om te vergoed vir die R30 000 prysgeld wat sy verloor het. Hulle het gesê dat hoewel hulle hul distansieer van Botes se uitlatings, hulle meen dat dit nie reg is dat sy die toekenning verloor het net omdat sy polities nie korrek opgetree het nie. Hulle wil haar beloon vir die skryfwerk wat sy gedurende die vorige 12 jaar gelewer het en waarmee sy lesers “betower” het. Daar is uiteindelik net so oor die R10 000 ingesamel en Annelie sou dit gebruik vir die skryfskole wat sy self aanbied." Lees ons persverklaring hier .

Augustus: Ons protesteer teen die regering se voorgestelde Mediatribunaal - lees hier .

Junie: Haak jy vas met vars idees vir stories? Geen probleem. Teken in op ons nuusbrief en kry jou kode om by ons Ideesbank jouself aan GRATIS idees te gaan help. Lees verder...

Junie: Ons soek hoog en laag vir werksgeleenthede namens ons kollegas. Lees verder...

Junie : Verskeie nuwe kursusse bring ons totale aantal skryfkursusse op 36 te staan - altesaam sowat 6,900 bladsye kursusmateriaal.

Februarie: SA Vryskutskrywer se kuberwinkel word amptelik geopen. Hulpbronne wat nie geredelik elders in Afrikaans beskikbaar is nie, kliëntdatabasisse en professionele dienste word aangebied. Lees verder...

Februarie: Die mees volledige en omvattende joernalistieke korrespondensiekursusse wat tans via die internet en e-pos beskikbaar is, word spesiaal vir SA Vryskutskrywer ontwikkel. Lees verder...

Januarie: Die enigste Afrikaanse Christelike tydskrifjoernalistieke korrespondensiekursus word via SA Vryskutskrywer aangebied. Lees verder...


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: