Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor

Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...

As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.


2021

 2022 

September : SA Vryskutskrywer se redigeringskursusse word deur Solidariteit Skoleondersteuningsentrum aanbeveel as 'n manier waarop onderwysers ekstra geld kan verdien.

September: Ons SERTIFIKAAT -blad word opgelaai. Sommer net vir die lekker en om te sien hoeveel studente al ons kursusse voltooi het.

September: Ons nuutste nuusbrief word uitgestuur. Klik hier om dit te lees of om op die nuusbrief in teken.

Augustus : Malvory Adams , wat in 2020 SA Vryskutskrywer se Skryf 'n Nie-fiksieboek kursus voltooi het, se gepubliseerde proefboek - wat ook deur ons geredigeer is - Als is nie net swart en wit , is op die kykNET-Rapport-boekpryse 2022-kortlys vir nie-fiksieboeke. Ons hou styf duimvas.

April: Ons eerste nuusbrief vir vanjaar word uitgestuur. Klik hier om dit te lees of om op die nuusbrief in teken.

Februarie: SA Vryskutskrywer en SA Skrywers se aanlynslypskole skop af met heelwat aspirant-skrywers wat hul pandemie-voosheid wil afskud.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: