Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor

Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...

As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.


2022

 2023 

Augustus : SA Vryskutskrywer se stigter, Leoni Benghiat , ontvang Die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie. Dié toekenning word sedert 2015 deur die Cordis Trust aan ontvangers toegeken wat die Afrikaanse taal deur skeppende werk bevorder.

Julie/Augustus: Ons tweede nuusbrief vir 2023 word uitgestuur. Lees die volledige nuusbrief hier .

Februarie: SA Vryskutskrywer en SA Skrywers se aanlyn slypskole skop af met heelwat aspirant-skrywers wat hul pandemie-voosheid wil afskud.

Februarie: Ons eerste nuusbrief vir die jaar word uitgestuur. Indien jy hom misgeloop het, kan jy die volledige nuusbrief hier gaan lees.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: