Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ookal die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.   

Lekker lees!

Oktober 2020 NUUSBRIEF

In hierdie nuusbrief:

·  Van my rekenaar

·  Nuwe webblad, nuwe dinge

·  Medewerkers

·  Skryfhulp

·  Wil jy leer skryf?

· Suksesse

·  Vryskutnetwerkers

·  Allerlei

Nuwe webblad, nuwe dinge

Net voor die inperking ons getref het, het ek die nuutste weergawe van die webblad begin laai en toe knars alles dramaties tot stilstandl! Maar, met die uitsondering van 'n paar hikplekke wat nog hul gesigte moet wys, werk die webblad darem reg en bied die beste ondersteuning vir alle skrywers – professioneel en beginners. Gaan kyk gerus. Daar is ook heelwat nuwighede waarin jy dalk sal belangstel. En sommmige van die dooie hout is ook sommer uitgesny.

Klik en Kyk .

Medewerkers

Cordis Trust

Cordis Trust het die afgelope jare gegroei tot ‘n betroubare genootskap in die bevordering van Afrikaans op vele terreine.  

Besoek gerus die volgende webwerwe vir meer inligting rondom Cordis se werksaamhede: www.cordistrust.co.za   & www.storiessa.co.za .

Meer inligting oor Cordis Trust:

Cordis Trust is in 2000 deur dr Fanie Marais as gedenktrust gestig en befonds  vir deerniswerk, Afrikaanse woordkuns en geestelike bevordering.  Dit het geen winsdoelwit of fondsinsameling nie en blootstelling is slegs ingestel op die bevoordeeldes. Die benadering is inklusief, nie-polities en nie-mededingend.

In dié jaar is die RAU/Mardene Marais-debuutpryse vir skeppende Afrikaans ingestel.

Die begrippe TEATER VAN DIE LEWE (deernis); AFRIKAANSE WOORDKUNS (dig, skryf, drama, lirieke en kultuurhistories); en BOODSKAP VAN HOOP (geestelik) dien as uitgangspunte vir Cordis se werksaamhede.

Die klem in Afrikaanse woordkuns is talentvolle aspirant-kunstenaars wat met samewerking van erkendes in die literêre omgewing geleenthede kan kry wat dalk geslote sou bly.

Jeugstemme 2020 is ‘n projek om jong mense by al drie die doelstellings van Cordis te betrek.

Cordis Trust het in 2010 begin met Orde-toekennings om besondere bydraes binne die drie hoofdoelwitte te erken. Die Orde van die Goue Pen is vir voortreflike bydraes tot die bevordering van Afrikaans en dit is in 2015 uitgebrei na die Orde van die Beiteltjie vir ywer op ‘n spesifieke gebied van die woordkuns.

Cordis Trust Publikasies het in 2011 ontstaan as ‘n onafhanklike nispubliseerder om groter toegang tot publikasie te skep.

Bybel-Media se (Cordis) pryse vir gesins- en jeuglektuur; Christelike Lektuurfonds se skryfskole vir Christelike jeuglektuur en Christelike dramas in samewerking met RSG wys hoe gedeelde geesdrif in resultate omskep kan word. Die Orde-toekennings (29 Orde van die Goue Pen en 25 Orde van die Beiteltjie) sedert 2010 het waarskynlik erkenning (eerder as prysgeld) in ‘n nuwe dimensie geplaas.

Vroeg reeds het ek besef dat die omvang van die werksaamhede (en die gedokumenteerde planne) nie deur een persoon administratief uitgevoer kan word nie. Sedert 2011 is die klem op die registrasie van domeine, Facebook-blaaie en webtuistes met dokumentering van wat beoog word.  Om verskeie praktiese redes is besluit om Afrikaanse woordkuns voortaan intern te bedryf onder die vaandel van die AFRIKAANSE WOORDKUNSAKADEMIE wat hoofsaaklik kuber- en projekgedrewe is binne ‘n jaarlikse begroting wat op resultate ingestel is.

Die akademie, met slagsin, Uit die hart, mond en siel, word ondersteun deur die logo Aksie Afrikaans om die benadering van Taal Sonder Grense (TSG) en ‘n globale Afrikaanse Taalnetwerk (ATN) te bevorder. Belangrike hulpmiddels is die sosiale media en webwerwe gegrond op geregistreerde domeine. Voorbeelde is Cordis Trust, Cordis Trust Publikasies, Woordpalet, Die Boektuiste, Skeppende Mense, Stories SA (tweetalige geleentheid), Kunspalet, Notewoorde, Teater van die Lewe, Boodskap van Hoop en My Land SA (tweetalige geleentheid).

S J Marais

Uitvoerende Trustee

Cordis Trust nuus:

? Geestelike radiodramas van gehalte bekroon

? Bybel-Media / Cordis Trust-pryse 2017

? Daar is buitengewone geleenthede

? Afrikaans het deernis

Nuuspod

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.

UITNODIGING AAN JOERNALISTE, ONTLEDERS, KOMMENTATORS EN ANDER ROLSPELERS IN DIE MEDIA:

Nuuspod, 'n onafhanklike podcast vir nuus en aktualiteit, nooi jou hiermee om klankbydraes te lewer vir uitsending. Jy kan jou bydraes stuur na journozak@gmail.com of per WhatsApp stemboodskap na 082 838 5204. Jy kan ook navrae aan Hanri Wondergem by Hanri.w@gmail.com rig.

Besoek ons Facebookblad hier   en ons YouTube-kanaal hier .

Nuuspod streef daarna om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus. Omdat baie nuusmakers in Suid-Afrika Engelssprekend is, sal van die materiaal soms noodgedwonge in Engels verskaf word.

Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, wil Nuuspod doelbewus ook probeer om ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, goeie nuus ensovoorts te gee.

Nuuspod wil lugtyd gee aan alle stemme op die Suid-Afrikaanse nuustoneel. Met die uitsondering van naakte rassisme, haatspraak, leuens, laster en onwettighede, sal geen stem verbied word om 'n mening op Nuuspod te lug nie. Nuuspod glo dat sy luisteraars intelligent genoeg is om self te besluit aan wie hulle hul ore wil uitleen.

Bydraes kan bestaan uit onderhoude met nuusmakers, klankryke dokumentêre pakkies, verslaggewing vanaf 'n spesifieke byeenkoms of toneel. Musikante, sangers en ander vermaaklikheidspersoonlikhede is ook welkom om hul skeppings vir uitsending voor te lê.

Ontmoet ons ander medewerkers hier .

Vryskutnetwerkers

Ontmoet ons eerste groep netwerklede. Oorweeg dit gerus om by ons netwerk aan te sluit. Meer besonderhede kan hier gevind word. En indien jy 'n vryskut benodig, gebruik gerus van ons netwerklede hieronder. Klik net op die naam om na hul tuisblad herlei te word:

Annami Simon

Emsie Martin

Elbe van Heerden

Katrien Smit

Martha Poller

Essie Bester

Lani Viljoen

Leon Swart

Christiaan J de Swart

Madeleen Theron

Chris Jooste

Yvonne de Kock

Elize Zywotkiewcz

Sulette Versteegh

Illa Conradie

Norman Evertson

Johann Hamman

Izak du Plessis

Johann Verster

Bets Koen

Adri Theron

Maurine Fischer

Allerlei

Kyk hier vir WERKSGELEENTHEDE .

Ons SKRYFKURSUS -aanbiedinge is bygewerk. Kyk gerus wat ons nou bied.

Is jy op soek na 'n redigeerder of proefleser? Ons REDIGERINGSDIENSTE is van die beste en bekostigbaarste wat daar tans is.

Ons KUBERWINKEL bevat heelwat produkte om skrywers te help.

Maak gerus van ons VRYSKUTHULPBRONNE gebruik vir antwoorde op belangrike vrae.

Leoni Benghiat

SA Vryskutskrywer

www.savryskutskrywer.co.za

* nuusbrief@savryskutskrywer.co.za

( O74 296 3390

: Van my rekenaar...

Long time no speak, nè?

Jammer daaroor, maar dinge gebeur. En nie altyd ten goede nie. Neem nou maar vanjaar. Wie kon op 1 Januarie vanjaar gedink het 2020 sou só uitdraai? Die hele wêreld is op sy kop en dit lyk nie asof dit gou gaan verbeter nie. Trouens, dit blyk asof DIE KIEM  en gepaardgaande maskers dalk nog vir twee jaar met ons gaan wees! 

Maar, nie alles is altyd sleg nie. Die afgelope paar maande is die aarde ‘n welverdiende blaaskans gegun van die vernietiging wat die mens deur die eeue aan haar gedoen het. So waarom gebruik jy nie óók hierdie verpligte verstadiging van die lewe om ‘n bietjie na jouself en jou ambisies en drome om te sien nie?

Jy het op hierdie nuusbrief ingeteken, want jy is óf ‘n skrywer, óf jy wil graag een word, óf jy wil jou liefde vir taal uitleef. Hierdie is die perfekte tyd om enige skryfambisie wat jy nog altyd koester, te verwesenlik.

Die internet gaan aan, mense hou aan skryf, uitgewers - en verál aanlynuitgewers -moet werk, so as jy jou storie ken kan jy besig bly en geld verdien.

Wat ek dus met hierdie hele spul woorde wil sê is dat ek seker is – en ek praat nou hier uit amper drie dekades se vryskutoorlewing – dat dit eintlik net met vryskutskrywers en -redigeerders taamlik normaal sal kan gaan terwyl die wêreld wag vir hierdie virus om sy wyk te neem. Die hele geheim is om soveel eiers moontlik in soveel mandjies moontlik te hê want, laat ons maar eerlik wees, hierdie is wraggies moeilike tye. Nie net moes ons Januarie met sy tien weke oorleef nie, maar toe het Februarie wraggies óók nog ‘n ekstra dag om deur te beur, die land se ekonomie het in ‘n reuse resessie verval en van alle dinge tref die Ides of March met Die Virus ons tromp-op en dompel die hele wêreld nou al vir maande in onsekerheid en bankrotskap!

Dis werklik erg, want oral om jou sien jy hoe klein besighede hul deure moes sluit. En selfs in die mediabedryf is daar verskeie van ons kollegas wat skielik werkloos is en nie weet waar hulle maandeinde geld vandaan gaan kry nie. Daar is net één opsie: DIVERSIFISEER. Vind uit waar jou sterkpunte is en konsentreer daarop. As ‘n tydskrif wat gesneuwel het jou grootste bron van inkomste was, brei uit. Skryfwerk is áltyd in aanvraag en ja, beslis ook in Afrikaans. Waarom anders dink jy het Penguin Publishers LAPA aangeskaf? Nie omdat hulle van die naam hou nie, maar omdat hulle weet Afrikaans verkóóp! Dis tyd dat ons daaruit munt slaan.

Ek gaan probeer om minstens een keer ‘n maand ‘n deeglike nuusbrief uit te stuur, so vergewe my maar die laaaaang stilte. Stuur gerus e-pos as daar iets is waarmee ons kan help. Onthou, twee – of meer – koppe is áltyd beter as een!

Ek wens jou alles skryfsukses toe en moet nooit bang wees om iets nuuts aan te pak nie.

Leoni

Skryfhulp: 10 Elemente vir ‘n geslaagde roman

Wat is die basiese vereistes van ’n ”goeie storie"? Behalwe die drie noodsaaklike boustene – mense, gebeurtenisse en milieu – kort ‘n roman ook onderstaande om te kan slaag:

1.  Tema . Die tema van die verhaal is die sentrale idee of gedagte (boodskap), grondgedagte of lewenswaarheid of lewensinsig wat uit die verhaal voortspruit.

2.  Boodskap . Die onbewuste invloed wat daar van ’n goeie verhaal uitgaan, noem ons die boodskap. Dit hang baie nou saam met die kernidee, maar moet deel wees van die verhaal.

3.  Intrige . Intrige is die patroon waarvolgens die gebeure in die verhaal aaneengeskakel word. Die intrige word volgens oorsaak en gevolg verbind. Lees verder op ons blog .

Wil jy stories skryf? Leer hoe!

As jy ’n storie het om te vertel, of sukkel om jou manuskrip gepubliseer te kry, ’n skrywer, vertaler of redigeerder nodig het, of sommer net vir die lekker skryf, dan is SA Vryskutskrywer net die plek om by aan te klop. Self in die bedryf, weet hulle hoe om medeskrywers by te staan en weet hulle ook wat redakteurs en uitgewers wil hê.

SA Vryskutskrywer beskryf hulself as jou eenstop Afrikaanse skryfportaal. Hier kry jy hulpmiddels en ondersteuning van ’n klein groepie skrywers wat saamwerk om Afrikaans te bevorder asook ’n groot verskeidenheid aanlynkursusse. Leoni Benghiat en ander ondersteun aspirant- en vryskutskrywers en help “om ’n droom te voed”.

Daar is iets vir almal, of jy nou ’n vryskutbesigheid bedryf of ’n aspirantskrywer of ’n student is. Die sakpas-kursusse met maklike betaalopsies word deur middel van die internet en e-pos op ’n een-tot-een basis in jou eie tyd en in die gerief van jou huis aangebied. Hulle help ook met redigering en evaluering van jou skryfwerk. En vir diegene wat liewer op hul eie wil leer, is daar ook selfstudiekursusse. Vir ’n klein bedraggie maandeliks kry jy toegang tot premium-inhoud en word jy deel van die vryskutnetwerk. Daar is ook ’n gratis afdeling waar heelwat dienste en hulpmiddels beskikbaar is.

As jy daarvan hou om met kollegas te gesels, sluit gerus by die SkryfFORUM aan en ruil raad en advies uit.

Jy kan onder andere kies tussen basiese en gevorderde kursusse in joernalistiek, sakeskryfgeheime, kreatiewe skryfwerk (fiksie en nie-fiksie) en kan gou die ABC van kortverhale of die kuns agter poësie baasraak. Daar is selfs kursusse wat jou toerus oor hoe om geld te verdien met jou stories en akademiese skryfkursusse. Jy kan selfs leer hoe om jou eie kookboek te skryf! Ons tieners en kinders is ook nie vergeet nie en kan in ’n japtrap leer hoe om nuusberigte vir hul skoolkoerante te skryf, of hoe om ’n leesverslag of die beste opstel in die klas te skryf.

Bron: afrikaans.com

Hoe om 'n boekvoorstel te skryf

Jy is ‘n beginnerskrywer wat pas – na baie bloed, sweet en trane – jou eerste boek klaargeskryf het. In jou geestesoog sien jy reeds visioene van ‘n blitsverkoper, jou naam bo-aan die Top 10-trefferlys, joernaliste wat toustaan om onderhoude te voer, jou boek in almal se Krismiskous, voorbladfoto’s, roem en glorie… 

Wag ‘n bietjie!  

Om ‘n boek te skryf is maar net die eerste stap. Geen van bostaande drome gaan egter bewaarheid word indien jy nie ‘n uitgewer kan vind wat belangstel daarin om jou manuskrip te publiseer nie. 

En jy sal sukkel om jou manuskrip verkoop te kry as jy nie ‘n volledige boekvoorstel saamstuur nie. Volg ons eenvoudige wenke om joune sonder moeite saam te stel..
.

Lees die res van hierdie artikel op ons blog.

‘n Paar van ons SUKSESSE

Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is. Manuskripredigering

Akademiese en ander geskrifte wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is. Manuskripredigering

Stephanie Rappard se rubriek, 'n Kopluis vir Krismis , wat sy deur SA Vryskutskrywer se rubriekslypskool voltooi het, word in die Februarie/Maart 2020 Plus50 -uitgawe gepubliseer.

Hendie Grobbelaar ( ABC van Kortverhale ) se kortverhaal, Die Ruimteskip , is die wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige R30,000 in die sak.

Emsie Martin ( Tydskrifjoernalistiek , Teksredigering , Gemeenskapsjoernalistiek ) word aangestel as 'n permanente vryskutartikelskrywer by Solidariteit en is 'n gereelde artikelskrywer vir Vrouekeur .

Essie Bester ( Tydskrifjoernalistiek ) word aangestel as 'n permanente vryskutartikelskrywer by Solidariteit .

Lizelle von Wielligh ( ABC van Kortverhale ) is een van LAPA se suksesvolle Romanza-skrywers .

Nico van Rensburg: Ek wil jou bedank vir jou hulp met die skepping van DOLLARS EVENTUALIS . Jy was die direkte oorsaak dat ek my talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. Nogmaals baie dankie. Manuskripredigering

Lizette: Ek wil jou net bedank. My dogter het gister die public speaking gewen en sy het die hoogste punt gekry van die 29 sprekers wat deelgeneem het! Nogmaals baie baie dankie. Ek “reserveer” sommer weer my plek vir volgende jaar as dit reg is met jou! Toesprake

Mantie Coetzee-Smith ( Teksredigering ) bedryf 'n suksesvolle vryskutbesigheid as teksredigeerder.

Joanita Erasmus: Ek het toe my MA-graad met lof gekry en wil sommer weer eens dankie sê vir die puik redigering! Manuskripredigering

Lourien Leeuwner ( Basiese kursus in Poësie ) publiseer haar eerste bundel, Kougomharte , terwyl sy nog op skool is .

Abraham Hamman: Baie dankie vir jou hulp en voorstel dat ons die artikel aan LitNet Akademies stuur. Ons is werklik trots daarop dat dit gepubliseer is. Manuskripredigering

Marie Schoeman ( Praktiese kursus in Artikels skryf ) kom derde uit 250 inskrywings in 'n skryfwedstryd deur Huisgenoot aangebied.

Madli Grobbelaar ( Koerantjoernalistiek ) slaan 'n permanente joernalistieke pos los by Media24 in Bloemfontein. Lees 'n onderhoud met haar hier .

Carol Steyn: Vreeslik baie dankie vir die uitstekende redigering van my LitNet- artikel ! Ek het dit wat ek gekry het deurgegaan en is baie tevrede. Ek besef ook ek het die proeflees nodig. Ek is Afrikaanssprekend, maar skryf selde in Afrikaans. Dink jy kon dit agterkom! As ek weer in Afrikaans skryf, sal jy daarvan weet! Manuskripredigering

Yvonne de Kock: 'n E-pos wat ek nooit ingedink het ék sal ontvang nie - 'n ATKV-Veertjie-nominasie!  En om te dink dit is vir die artikel wat ek met onderskeiding geslaag het vir my SA Vryskutskrywer-sertifikaat! My nominasie-artikel het in die uitgawe van 4 Februarie 2011 in Vrouekeur verskyn as: Net 'n siekte ... Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek + Gevorderde kursus in Tydskrifjoernalistiek

Elsabé Welman bedryf 'n suksesvolle proefleesonderneming na voltooiing van haar kursus. Proeflees

Frik du Toit bedryf 'n suksesvolle proefleesonderneming na voltooiing van sy kursus. Proeflees

Retief Loubser: Wie onthou 'Fanie en Melanie' vir skooltake? Deesdae is dit 'Huisgenoot in die Klaskamer', en vandeesweek maak ek my vryskutskrywersdebuut as lid van die laerskoolspan. Sien bl. 94 - 97... Ongelukkig verskyn my naam nie daarby nie, maar dis 'n beskeie begin! My skryfwerk sal DV vanaf Februarie 2013 meer gereeld in hierdie rubriek verskyn. Christelike joernalistiek

Sarlene Horn se skets, “Water en wiele”, oor haar fietsvakansie in Nederland verskyn in Vrouekeur (Februarie 2019) Vonkfiksie

Hantie Eras mus se twee gedigte is goedgekeur vir publikasie in die GHA-bundel, Stemme uit die Suiderland 9 (2014) . Basiese kursus in Poësie

Liezel Lunenburg publiseer artikels in verskeie publikasies, skryf vryskut vir Maroela Media , kry 'n pos as vryskutjoernalis by Kerkbode en is ook by eKerk aangestel as rubriekskrywer. Christelike joernalistiek

Naomi Kerchhoff se artikel verskyn in Kuier-tydskrif. Blitskursus: ABC van Tydskrifartikels

? Meer getuigskrifte kan hier gelees word.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: